Bromvol in die hok van skadunet
Jy klie-e-e-k soos n pieperige kuikentjie, jy, swaargesnawelde deurdring-kaketoe  jy is jou naam nie waardig nie
selfs nie n afwen-brommer is jy nie, jy, dondervol van die harde Molopo!
Jou vasberade stap is keerom-gedoem, word al traer teen die aand
sodat dit soms lyk jy word ou maraboe wat stil soos n standbeeld staan
en net af en toe nog roer
om op sy eie hakskene te skyt 
nie in jou aard nie: rede tot paniek op die rekenaar wat jou monitor, want met vooruitgang se gedoe word jou gekliek nou prioriteit, word jou lelle dopgehou, gehoop dat hulle spoedig rooi sal skyn  n pluspunt in die broeiprogram.
Die groen wat jy hier om jou sien is opslag van n vroe lente 
dis nie vir piepgeluide, nie vir krimpsiek nie. Dis vir jantjie maak in alle doedoetente.
