Die stinksprinkaan
n Groen pol op die droland roer, n lomperd val dikgevreet daaruit, vlug soos n dodo. En jy besluit:
Hier, vreksel, is jy in jou moer.
Geen haas, jy lig n regtervoet, bring dit hard op die lummel neer. Die borswering, knalrooi, verbleek, vlerke verfrommel in lappiesgoed.
Die trek gaan voort. Min verniel, sein die horings triomfantelik n V. Die pens is leeg. n Goudgeel straal loop van jou knie tot op jou skeen.
Wees genadig: Dit word n oes verhaal. Selfs n poephol weet van n Achilleshiel.
