homas
Dit moet Hy wees, dit moet, dit moet, maar hierdie man is net te heel,
te ver van daardie marteling en bloed, die doringkroon pateties skeef,
dat hy die magtige een kan wees
wat opstaan ... nee, nie uit daardie dood is dit moontlik nie: met asyn en water wat uit sy mond en wonde loop.
Dit lyk soos Hy, dit klink soos Hy, maar die oog sien in die werklikheid te maklik net die droom, en die oor soos U self weet, my Heer,
hoor graag wat hy wil hoor.
Verstoot my nie as ek U nader,
u kleed aanraak, u warm pols wat s: Dit is verby. Dis met die bloedlaat klaar. Maar U gaan weg. En skielik, Heer, moet hierdie vingers tog die merke volg; eers in die hande, dan die sy.
U gaan weg, my Here en my God, ons sal U agterna kan staar
en net wat van U agterbly
word in di klipperige grond bewaar.
