Om af te hemel
In die Sistynse kapel
Elke sober gedagte
dat die wreld sonder hande is byt hier in die stof.
Die hemel daal ontsettend neer en n oomblik draai die aarde nie om n son nie
maar om n lig gemaakte
mens. Nuut en jonk en onbelas,
n groot baba in die ontdekkingsreis. Geen omarming, geen welkomsgroet, voorlopig net die plasing
van n in n diep slaap aangeraakte.
Sou hy kon weet
van verlatenheid en angs
wat vorentoe in wildernisse wag, sou hy nie roei om daardie vangs volkome in te palm, kinderlik te gryp
aan duimeling of ielafooi of langeraat  hom nie so willoos
van daardie hand laat druip?
