Wat kry n mens van slaap?
Wat kry n mens van slaap as jy nie bemind is nie? Wat wen jy aan droom
as jy nie verbind is nie?
Hoe dien jy, John Milton, as jy staan en wag,
as jy nie uit die groef spring van donker dag op nag?
Moet jy die stormwind saai? Moet jy die vrede verstoor? Waar maak die pad die draai na die ewige wakkerstroom?
