Sundowner
Hoe kan jy, tuin, jou so kilhartig net losmaak van my hand?
En julle, my geelhout, my kastaiings, my wegwuif met die wind?
Julle sal my mis. Jy, kiepersol, sal uitdor in jou oumensvel;
jy, speldekussing, o so puntenerig, sal sterwe aan jouself.
Jy, liewe huis, so heel tevrede
 jou voglaag nog intakt, jou geute vas  die ren sal knibbel aan jou kleure; teen jou fondasies sink die gras.
Kyk, k los, word wreldburger,
was lank genoeg faktotum-waterdraer. Ek sal n London fog op julle lig:
Die mis kom orals eenders nader.
