Jaqueline du Pr aan haar tjello
Jy moet ophou lieh. Dis net die haat wat ons twee nog kan red. Voel my hand, vang hierdie vingers met jou gladde lyf:
Geen siekte kan hul so krampagtig laat verstyf.
Jy beur verniet. Los sal jy nie val.
Ek sal jou hou, vergeet maar van verloop. Vergeet van suiwer note, klein vibratos  skal! Speel my met al jou krag, my bene oop.
