Jys nog nie daar nie, nie heeltemal die honderd en tien persent
wat ons soek nie.
Jy kon nog suiwer drie druk, jyt nog oor n atrap beskik,
maar of jy dit volstoom kan doen  dis waar jy misluk.
Die warm vleuel wat jy was,
kon net sowel maar staan en koudkry. Eerder as om aan n bal te hang
het jy uitgetree, wou eindelik pal n kruk onder jou arm voel.
Jy met jou oog vir n gaping
kon net nog sien  of kon jy nie?  hoe jy in die binnestryd jou hart telkemale uitverkoop.
Jou kaalkopspel was nouliks te herken aan di Hansie Slim wat berg wou klim met stok en hoed.
In die aloop het jy nog net laat sien
hoe aanhoudend kan n kantlyn wen.
