Die doppieklinker
Hier is ek. Ek gee nie voor dat ek is wat ek nie is nie, dat ek nie buite alle kyf
iets van lyf wegsteek af weet nie.
Ek is die vreugde se meeloper, die altyd teenwoordige swerwer. In al die pret is ek die aanjaer, hoegenaamd geen bederwer.
Ek is nie die laehousteler nie, ek is die goedbedoeler,
die fynste behoetebepaler,
die stoutste verwagtingvoldoener.
Ek is die soetmaker,
die feilloosste vredebeplanner, die nie-in-die-steek-later, getrouste partytjieganger.
Ek is geen stoelvolsitter,
ek is jou naaste afstandhouer, n ek-is-wat-ek-isser,
n ivoortoringbewoner.
Hier is ek. Ek gee nie voor dat ek is wat ek nie is nie, dat ek nie buite alle kyf
iets van lyf wegsteek af weet nie.
