Die muskiet
Sy fynsing word n ronk in my oor, in my droomdronk brein
word hy n kopter wat plokoppe dra, sy missiele deur warmte gelei,
en wanneer my soeklig hom vind, sterwe hy plots, gewilliglik
aan my hand 
maar lank daarna l ek nog wakker, tuur na die bloedkol teen die muur: ek, n bietjie oorboord
in hierdie maklike dood.
