Die ou toktokkie
Die ou toktokkie is stil. Hy sit oor sy eie gat. Speel hy doodjie-dood?
Jy kan maak soos jy wil, hom na die broeison toe vat, hom, die klopper, opklop tot jy blou word.
Hy bly afgeklop.
Jy kan hom rol na n klip, jy kan hom vermorsel, hom tot snuif trap,
tot n vlagie wind 
hy laat hom dit welgeval. As hy moet klaar praat, sal hy s hys in sy noppies:
Hy klop die ander toktokkies wat soos toktokkies maak.
