KIEWIETE
kiewiete
skree in die nag
kerm in die dag
hulle weet
hulle sien die ding
wat uit die aarde kring
snags deur mure dring
bedags uit mense klim
