Gestadig
Julle wat met afgeslaande kap of minstens met vensters oop in opgewarmde sedans waarvan die beat
stralend uitskiet
bo die polsende musiek 
julle wat deur die strate
van my laaste tentdorp donder, julle sal ook nagte h
waarin julle kussings versamel soos n hen haar kuikens onder die vlerk,
nie vinnig omdraai nie,
krakerig, maar nie uit vrye wil nie, soos Salomo se lui deur 
julle sal ook die helder frok voor julle sien verskyn, die groot hand sien blink, tot stilstand kom
en stadig genader word, tydsaam, ges word: Blaas in hierdie pyp. Jy kan mos blaas, dan nie?
