Tsoenami
(26 Desember 2004)
Waarheen het hy hom onttrek, ons see, ons met niks meer nie gelaat
as n louerige hoogwater op die polder, toe feitlik weg, met vroere golwe
wat slegs nog agterhoede-kabbels maak? Ons loop droogvoets in, loop
soos agter n Mosesstaf, met weerskante selfs geen watermure. Haai, wag, see, hoe mooi jou glimmering, lankuit
waar jy verdwyn. Maar nee, jy draai, jy kom, ons loop jou verder tegemoet, jy kom,
ons wou al s aan baai sal ons vandag niks h nie. En nou moet ons verras besef jys weg om water te gaan haal.
