Aan die begin
Gene-ingenieur,
is jy kleingod-peuterpappie, bloot die nuwe eeu se geur
of kunstenaar by uitnemendheid, ondervanger van mankemente wat deur geslagte loop?
Sal gesuiwerdes deur jou n kwintevrye toekoms h? Rede tot n knorpot-galla:
Was pens-en-pootjies-ek hier later, het jy  afwesige teenwoordige  jou vroer handig gemaak,
was my hebbelikhede afgel?
Was al die Gadareensheid uit my varkies weggeteel,
was elke afdraaipad geblokkeer elke sakstraat dig versel,
wat sou die uitkoms wees  helder, vaartbelynde reis?
Wat n lewe sou dit kon! Geen oorsaak, geen gevolg. Gesondheid in die rondheid!
Jou sketevanger sorg dat jy net op n onmenslike manier dood moet kom.
Doodgewoon uitgedruk
Ek en my vrou bly in n huis langs die see met n proteatuin wat veg teen die sproei.
Woon doodgewoon. Werwels aan die agterdeur. Ons huis se naam is Panasee-Magamee;
ons webwerf heet na ons blokkiesraaiselboom. Invul is aan die orde van die dag. Ek lees
oor die vieringe van lewe, hoe die dood n ilter is, deur ou Egiptenare afgemaak as ng n engel ng n ridder met n sens  dood is bloot ekskreta van die hart.
Die a-ritme wat jy voel, opeenvolgende anginas soos doringdraad wat deur die borskas skeur, is net die hart wat besig is om te ontlas.
As dit so is, is hier ook niks te vrees nie:
Die dood sal gladweg inpas by elkedagse sleur. Ek sal in die mre opstaan, die toilet besoek en al beskik ons slegs oor n septiese tenk,
is hy versink, kan ek in n volgetapte bad ontspan, terwyl in die kamer langsaan
die wasmasjien outomaties deur sy siklus glip van was na spoel, van was na spoel
om uiteindelik die laaste opgeloste stof
uit te wentel, die lading skitterskoon te laat.
Maar soms, net soms, roggel die water trug en sal die weggespoelde die mangatdeksel lig.
Petrus Borel kies sonnigheid, dankie
Sal ek gewoon bly lewe  ek, mascotte van die mle
teen die verbeeldinglose  ek, deur die natuur self gedrapeerde, lambou in n asgrou see
van eenselwigheid  ek ...
sal ek gewoon bly sterwe?
As een onthou sal word vanwe sy getrouheid aan niemand minder nie as sy eie uitgeleefde mens, sal di een k wees:
tot in die sakramente dandy, tot op die inale eksentriek, met die laaste taptoe glorieus. Nooit sal ges kan word nie daars n Romantikus
in n jas van ou maniere versteek.
Hul sal weet eks in hart en niere
strewer na die glansryke, hunkeraar na die verre anderse.
Ek kry hoeka koue voete
as ek dink aan morsige metodes van n einde maak: n swaard in die grond geplant, daarin val,
aan hoogtes, dieptes, pistole, toue  al daardie saai idees van dodes.
Nee, ek verkies om in die gloed
wat van n hemel afstraal, my te baai, om soos n hond te abdikeer
en op my rug te draai, my keel, my buik, my lanke kwesbaar, oop. Laat wat kom, van die goeie kom, van een wat elders lewe voed.
Bed my daarby in, en kom dan, son, kom met die felste van jou skyn
 dit sal fyn vonk in my  kom, fermenteer hierdie onverspilde bloed tot ons bestemde godewyn.
