DIE VLUGTIGE
Na Milan Kundera, The unbearable lightness of being.
Buite l die stad in windsagte as.
Gebeure vlieg in n spiel,
op die doek net n haarlyn van n kwas.
In sy arms
is die uur ondraaglik lig
en reeds aan die horison oorgegee. Sy o vervloei soos kleure
op n doek.
n Brief kry vlerke,
haar hand vang dit rakelings vas. Rels skryf alle nabeelde
van n vroere samesyn weg.
Oomblikke is altyd op pad, weet sy vlugtig,
en verskuif met haar spuitkwas die lig
op die doek.
