WINTER I
Hoe soet is my naam in jou kussings.
Di beswering keer die winter af. My asem sal ek uit jou lippe haal.
Winter, blyk dit,
wil sag maar onmiddellik deur jou venster
in die geel platane uit duiwe koer.
Die berke en eike gee so maklik mee,
laat val hande vol akkers
en blare vir die gryp van die wind.
Maar in jou kussings,
mooier as die Roxburgh-denne, is daar somer
wat immer oor berke en eike droom.
