DAM
Hier is n dam met n grondwal 
sommer n doodgewone, stowwerige wal met sulke vaal wintergras,
jy weet.
Ook n roeiboot en n motorboot en verbleikte boeie
om astrante propellers en spane van vislyne af weg te hou.
Hier kamp bont tente en Jurgens-karavane
soos dit by n staatsdiensoord met mure wat afdop hoort. Ver op die horison,
agter grasvelde en bloekombome, staan kragdrade uit die weermag van n ander tyd met voete
wat in gelid roes.
Hoe lank
kan so n grondwal bly staan? wonder ek nou.
Hoe lank
kan klotsende water
nog aan hierdie verskansing kabbel en knibbel?
Hoe lank
voor die damwal breek  die tente opgevou word,
die woonwaens finaal op bakstene gaan staan, die rondawels se nokke knak
en die hekwag vir die laaste keer
sy kasregister sluit, die kwitansieboek bre en n ouer landskap terugkeer?
Vir eers
ry hier nog kinders
met sonstrepe in blonde hare en polsende arms en musiek
wat by motors se vensters uithang. Vir eers
verken onseker hande
nog tepels onder bloekombome. Hoor jy die wind in die blare, hoor jy die sonbesies in die gras? Dis sulke
bekende geluide, jy weet.
Deur blare maak die son halfmane op n skraal rug  n Melkweg saam met sproete en puisies op n bleek vel. Dit verbeel ek my nou,
want dit was lank gelede. Ek staan nou buite
in die son. Met o
op skrefies  deur n donkerbril kan ek nie meer sien nie,
nie meer wat in die skaduwee gebeur nie. Om te kan lewe,
om te kan ontsnap,
om vir n oomblik van alles te kan vergeet en jou ore na binne te keer 
tuite hoor slegs die gesuis
van bloed deur are langs die brein, die ritme van lewe
wat deur buise pols. Om vir n oomblik
my o weer toe te knyp en net daar te wees
in die skadu van bloekoms, die geur van varsgesnyde gras, water wat op teer verdamp,
mense wat lag, n motorboot se neurie ver op die dam.
Sal daar waarskuwings wees?
Sal sirenes loei, benoude stemme oor die radio mense vra om
asseblief te ontruim?
Of gaan ons bloot opstaan, eendag miskien verbyry
en besef dat daar nou omgekeerde bote tussen dro riete l,
of dat die lelietrappers en die lepelaars nou weg is?
(September , Potchefstroom; November , Perth.)
Broer Dooiepunt
Noudat jy my begin vuil strepe trek, nou kry my dom hand stywer vat;
my sin is nog nie op nie, dit gryp terug in laaste woorde: Dubbel ontken
is dubbel nie-erken. Geen geknakte, ek, wat verder voor voldonge feite swig
en eindelik gaan l nie, van kop tot tone toegerits.
Ek meld my wel nog elke oggend aan, behou respek, bly aan jou regte kant deur eerste voor my eie deur te vee en jou te dwing tot bloot pas markeer. Niks is so skoon nie en so wreed
as lewe aan n sterling gee.
Om dus te streef l voor die hand
en dit te ondergraaf, dit is bra sonder punt.
