TELEPATIE
I  Snelweg
Dis nag. Met my nuwe bril
kan ek weer die pad en die sterre sien. Vrydagmiddag jaag ek verbete
uit die stad wat in my truspiel brand. Ha! Geen verkeerslig of vragmotor kan my vaart nou keer nie.
Ek is sonder kleingeld of kontant, maar met my towerstafkredietkaart laat ek tolhekke oopswaai
soos Ali Baba sy grot.
II  Teerpad
Ek vermy al die slaggate, want die bordjies s ek moet.
n Sivetkat verstar, vir n oomblik deur my kopligte verblind, maar wonder bo wonder
is ons dalk magies verbind
en met gekordineerde stappe mis ons mekaar skrams
en word hy met sy chevronstert van n onaangename dood gered en ek van vyf en n half minute se hol kol op die maag.
III  Grondpad
Presies , km,
s jou SMS, n Rooibokrand se afdraai. Bel my wanneer jy by die plaashek kom. Ek hoop daar is ontvangs.
Ek ry verbete oor die riffels van die sinkplaatpad,
verby die bakens langs die pad en op my toereteller.
Stop ek.
n Reuse-ooruil sit op die hek, skrik, maar vlieg wys die nag in.
Ek skakel die enjin en die hoofligte af terwyl ek sonder sein
in die donker sit en wag.
IV  Stofpad
Ek draai die venster af. n Jakkals huil.
Ek ruik nat as 
veldbrand geblus deur Bosveldren. Dan is dit stil.
Stil.
Stil.
Ek wag,
klim uit,
stap langs die wildsdraad af,
pis behaaglik in die stof en gras. Dan verstar ek vir n oomblik 
deur kopligte verblind. Die Land Rover ry langs die doringdraad af
en jy klim uit
om die hek oop te sluit.
