ONS WAG OP DIE KAPTEIN
Toeval of plan, meegesleur
of saamgeswem?
Wie sal kan s  die kraai?
Ek weet nie.
Ek weet
dat ek nou moeg is, moeg vir wroeg
en pleit en skryf en skyt
in my broek.
Ek is moeg
om hier agter woorde te waak
vir jou, Kaptein, jy en jou kraai
en jou implemente van oordeel en wraak.
As ek nie slaap
kry ou Mombak sy sin, byt hy my neus af en ore. Ek wag hier,
ek sal nie vlug nie.
Wys jou gevreet!
Iewers waar ek jou verwag.
Miskien langs die pad sal ek weer kniel
met jou loop teen my skedel, miskien in n winkelsentrum tussen die geweer
en die kassier beland met lood deur my kop,
of dalk n mes teen my keel, n bottelskerf,
n strykyster, kookwater  alles so
asemrowend
pateties
en doodgewoon.
Verskoon my,
ek dwaal al weer af.
Ja, Kaptein  stomme woorde diepe grond, onder hang
die strikke rond.
Nietemin dank ek u, as dit dan is
hoe die einde nie lyk nie
 ek het gedink dit sou skielik wees, swael en vlamme,
miskien n knal 
sal ek opstaan
en maar verder loop.
