VERTREKKE
om pilaar van sout te wees is n moeilike beroep 
behalwe vir die konstante pyn in die nek, laat dit n wrang smaak in die mond
Kom vlug met my uit hierdie bedreigde stad waar die heersers hul ondergang afwag, terwyl die inwoners dit lankal reeds ontruim het. Ons sal vir ons n pad vind tussen die bouvalle en die ontreddering waarin daar geen landmerke oorgebly het om ons rigting te gee nie, waar die strate uitgewis is, die pleine gevul met puin, die bre gebreek. Die lers het hulle teruggetrek, die laaste sluipskutters het hul stellings verlaat, die gedreun van die lug het stil geword 
  Karel Schoeman
