HERFS
die grys lig laat my sweef
ek word n koper vlek op blare
in die flou son van my seisoen
vonk kwynende kole vure van kleur
en fladder my jare vuurspuwend
in geel en bruin herfsdae neer
