DIE WRELD IS ONS WONING
Joburg is quiet, like a ceasefire 
 Jennifer Ferguson
Staan regop!
Twee kerse wat brand; Gomorra se torings
in die nag: een op Brixton se rant, die ander waak oor Hillbrow
in die weduwee se hand as sy kans kry om te rou tydens n skietstilstand.
Romeos onder in die straat skiet skote die lug in
vir die Juliets wat op balkonne waak.
