AANDETE IN BRIXTON
Reuke trek hier ver  veral di wat bekend is: vet, murg en vleis
wat van bene afkook, aangebrande rys, macaroni-en-kaas wat n harde kors
te na aan die oondelement bak, beetslaai wat gis.
Iewers word boontjiesop gebrou en harde eiers blou
in doppe gestook.
Daar oorkant in Melville maak die sushi bars oop.
