MENDELSSOHN
Die kritiek uit Londen hou my wakker:
Drup van sentiment en poeierkwas-pretensie. In my kop speel slegs mensestemme
terwyl Dsseldorf stemloos en willoos l as mis melkerig soos anys in water onder uit klipbre wel en opkrul
na my hande op die relings.
Kan uit skaduwees ooit iets word?
Tog tokkel my vingers op die klip, so asof my hande weet wie ek is; por my, wil my vooruitloop,
maar ek het die kleur van klank vergeet.
My geheue is diep gebre in n vergete herinnering. Ek verdwaal konservatorium toe,
dis net my voete wat soos n duet inval by mekaar.
Ek reis later na Cremona
agter die holtes tussen berge aan waar klank resoneer
oor dun stamme draakbloedbome deur. In die woud rol n stomp die steiltes af en die Stradivarius-seun kies die een wat akoesties deur die vallei bly tril.
Ek dink ek hr weer,
want wanneer die vols uit takke oplig begin die botoon van die vlerkgeklap in my ore weerkaats.
Die wind is n skugter hobo wat van rens inkom, langsaam en pastoraal.
Die hele woud word tong!
Maar my viool bly droom in sy kas.
As ek hom optel, kom l sy skouerkurwe teen my soos n vraende kind,
en deur sy klankgleufies asem hy slegs die koel lug van Tirool in.
Daarom slaap ek snags na my diepste drome toe.
Musiek moet ook gewr word sodat begrip aan die teerste deel van die hart kan raak.
In die lente lees Fanny voor uit n Midsomernagdroom
en opeens uit die vlinderige dag val lig soos n prelude van die son deur die vensters van die solarium. Note roep onder my vingers ander note op
en ek skryf elke waarneembare moment op my notebalk neer;
sien op die soet lig fe wat oor my vingers die note naspeel
in fyn akkoord.
