HOPSCOTCH
S wip hulle, soos kleuters
hopscotch die rykes,
mik mooi met hulle voete (een voet by die blyplek, die ander by die werk) oor die baan van mure met elektriese heinings, sensitiewe alarms
en geslotebaano
 al hoe verder noord  van Parktown na Houghton na Rosebank na Sandton na Dainfern.
Kort op hul hakke moet bediendes volg 
met hul taxis en smouse en suburban shebeens.
O, wanneer kry di speletjie klaar?
