VERSTEDELING
Ik niet Engels ken en ook niet in ambag geoefen.
Sprinkane, droogte,
runderpes en n aarde wat brand verander die woorde op my tong as ek nuwe name as tuiste leer ken:
Paarlshoop, Fordsburg, Mayfair, Braamfontein en die naam wat twee keer lieg:
Vrededorp.
