VILLA ARCADIA
Na slegs ses jaar se boomtown sprawl:
duisende myners in tente, sinkhuise, hostelle en hotelle, suiphuise en bordele vir enkellopende mans
besluit die Rand Lords dis een te veel en vlug
oor die rantjie  beskut van die smerige Eldorado rig hulle n heining rondom Parktown op.
Raserige, swetende bouers werk aan: Northwards,
Pallinghurst, Highfield Manor, en,
spesiaal vir Lionel Phillips,
met die rug gekeer op die myne se hel: Hohenheim
en later Villa Arcadia.
Maar steeds hoor hulle die gestamp van metaal op klip 
soos tromme in die nag.
