GOMORRA
En volke het om hierdie land van ouds gevaar en in gruisgate rond gesoek soos erdvarke; maar die Stad van Goud
moes ns klein volkie later vind  tot vloek!
 D.J. Opperman
vir die bezuidenhouts is doornfontein nou skaars herkenbaar.
hulle ken ek ook nie, maar soos my skimgenante,
bly ek n vreemdeling in hierdie stad
