REGULAR
In die venster weerkaats n man wat gluur deur n galgdas wat tydelik asem skep  kantoorslaaf met n bier.
Die man in die venster fokus verby die man in die venster;
sien hyskrane met kabel, katrolle en rollers in die skemer (oranje, miskien
soos die teekamer se stoele)
met konstruksiewerkers wat nog kantoorblokke giet, beton in staalvorms, rigied soos die rels van n staats-burokrasie
en seker soos ho bloeddruk en n bierpens.
Dis sesuur op n weeksaand by die venster van die kroeg, maar teen tien dertig
 soos dit n regular betaam  staan hy op,
sit sy hoed op en loop.
