ADMINISTREER
Die ganse staatsdiens het eens
in Herbert Baker se gebou gepas,
agter pompeuse pilare hul taak gedoen: ge-ad-mi-ni-streer.
Hulle het stowwerige webbe gespin, rooi linte gebind 
tot in Kaapstad, Messina en Koekenaap.
Toe die sandsteenmure
die nodelose vloed wou keer, vaar hulle uit,
bou en beset blokke kantore wat nou soos leggerkabinette langs Kerkstraat staan.
