GARSFONTEIN UITBREIDING 
Met sy penchant vir simmetrie dool hy hof en erf en straat  dis hierdie man met sy sjabloon wat die estetika verlon.
Gewapen met sy liniaal potlood en n meterskaal
kan die argitek sy meesterplan op die Xerox laat herhaal.
Al wat nou nog kort
is bewoners vir Utopia  n passie vir die palm,
klinkersteen en kitsfontein, n lapa en n swembad,
met n skoorsteen vir die braai.
En sou jy na die rigting vra:
KFC hier voor,
McDonalds om die draai.
