DIE BETEKENIS VAN DIE LEWE
(met verskoning aan Lucas Maree)
Vanmiddag gooi die son n skynsel teen die muur
oorkant my woonstel se voordeur en kleur dit baksteenrooi soos die mure van Brittanje se werkersklaswoonbuurte
in die Monty Python-flieks,
maar hier dans nie nonne met stootwaentjies en biskoppe wat kan cancan nie 
mense praat met gewone aksente en vloek met rede.
Vanoggend het die skoonmaker met n bre mop en n emmer deur die gange geloop
waar die sports bar junkies gisteraand kom pis het, die geel vlekke oor die s-vloer versprei
saam met jare se voetstappe van agterstraat-wannabes en boemelaars en bediendes en pasgetroude paartjies met babas en die klanke van treine
en goedkoop hi-fis met gerekte tapes.
Vanaand sal ek die Dolby in my kop aansit vir die geruis tussen die stereogeluide van hande wat oonde en ore toeklap
en helikopters met soekligte
bo n oorbevolkte woonstelbuurt,
want Sunnyside is veilig in die hel.
