DIE KUS
Na Rodin
en elke keer as jy my soen gebeur dinge daar buite mishorings veryl in smoornewels, want al wat ek hier wil
is om vir jou teue asem uit my mond te gee
en elke keer as jy my na jou toe neem
my kop agteroor buig
dat die bloudruiwe van jou o trossig oor my hang
word ek totaal glipstroop versotlik remmend aan jou nek puur my heup vir jou hand
al reeds ritmiese beloftes en vou my bene
tot volryp oop
