ACID
Jy trip op acid -uur in die aand
en loop deur die stad op sagte Persiese jakarandatapyte.  kyk, dit sneeu blomme 
Wanneer die son opkom, klim jy op die woonstelgebou se dak en kyk hoe die treine uit die townships by Rissikstasie vasmeer.  alles is so vloeibaar 
Dan loop mense soos bloed by die trein uit sodat die stad se are op hul arbeid kan teer, goedkoop,
soos die prys van n micro-dot, of nog minder, vir n dag se werk.
