AFRIKA SE WIT KINDERS
My vriende kuier tussen kraalmure in Januarie se ren
onder skakerings grys wolke wat laag oor ons koppe waai net noord van Pretoria.
Tassenberg, Black Label, Perl-wyn se borrels
Die veld ruik na groen kakiebos en grassade
na n papnat Desember en n oorvol Gariepdam (baie groen en baie grys). My vriende steek kruie aan en die soet rook kuier die mis in.
en Hansa en Gauloises,
As dit donker word, brand fakkels, lanterns en Pretoria se ligte verder. Om die vuur
in die middel draai Afrika se wit kinders:
motte met geel renjasse en lang hare en ronde donkerbrille.
Malawi en Swazi
Die hi-fi op n karbattery sing
Led Zeppelin en Bob Dylan en Koos Kombuis.
n Vetplant langs die kraalmuur dans tussen vlamme. Die vuur brand n nes in die gras uit.
en acid.
My vriende buig hulle nekke terug
en die vlamme weerkaats van bolippe en uit neusgate as hulle opkyk om die kleure in die nag te sien. Daars so baie kleure in Afrika benewens wit.
