RA
n Eskader hadida-ibisse vlieg verby 
skree, herinner jou aan die noordelike grens van jou kontinent,
maar sonder hirogliewe of die gesofistikeerdheid van die god van skrif wat opteken of die hart of die veer die ligste weeg.
Dis Sondag en die krete probeer banale klanke van kerkklokke in verskillende toonhoogtes uitdoof.
a-aaa!
jy word wakker
aan die suidpunt van afrika en kyk by jou woonstelvenster uit
jy sien nie die woestyn met piramides nie
maar pretoria se koppies met die vormjellie op die bult waar piet retief met die stok deur sy towenaarslyf wag vir die son
