ONS RY IEWERS NABY OTTERSFONTEIN VERBY
Stop. Ligte middagete
op die enjinkap. Hoenderboudjies, frikkadelle, blou eiers
(sout en peper in n pakkie), witbrood met dik botter, koffie uit n fles 
hierdie jaar doen ons dit op die outydse manier. Populierbome, plaasdraad,
koeie se kake markeer stadig die pas. Herkou aan hierdie dag se blou koepel waaraan stapelwolke onderstebo hang.
Hier naby, by Leeudoringstad, l ons familieplaas. Oom Paul het mos self die grondbrief
geteken, Ottersfontein geproklameer. Oor generasies heen het die grense geswik.
Onderverdeling, skades,
skuld.
Toe t oom Pieter
die hef stewig vasgegryp, teruggekoop en saamgelas, weer plaas van die laslapkombers gemaak.
Dit als kan ek jou vertel  hier langs die pad.
Ons ruik dro populiertakke, die son ets blare op jou gesig, ek sien rooigrond
in jou sonbril kaats.
Hierdie landskap rus mos in my murg.
Hoe lyk die plaas? Eks nie seker nie  dalk is daar n dam.
Ek ken dit net uit my ma se stories en n afskrif van Oom Paul se brief  as bewysstuk geraam
teen haar woonstelmuur.
