BRISBANE
Op die oewers van hierdie rivier wat lui deur die vlakte kink
oor die skouer van Gondwanaland se wegloopkind
wat ver aan die onderkant van die aardbol skuiling vind  helaas, nie vir lank nie.
Op di rivier se banke het skepe eens geland om n hele kontinent tot tronk te proklameer
om kleindiewe en doders te interneer.
Op hierdie rivieroewers staan rooi baksteenskure vir wol-, sink- en staalfabrieke,
Victoriaanse cowboys tem die land met lem en roer.
n Houthuis op stelte lig sy vloer uit die moerasse en die bloed.
Van oorspronklike bewoners bly slegs plekname
en een vrou oor.
