WIT KRAAI
S dra ek elke oggend die tafels en stoele uit,
ek poets die eetgerei blink, l skoon servette neer.
n Eerste klant maak haar opwagting  n elegante Japannese dame
met n donkerbril en n hoed waarvan sy die rand verstel om die spyskaart hier agter my teen die muur te kan lees.
Sy bestel slegs n koppie tee, betaal met n noot
uit haar leerbeursie.
Baie dankie.
Die eerste meeue kom aan, wag vir n stukkie vis
om op n bord agter te bly.
Dis hees vols hierdie, soos rawe met grys vlerke, darem swart punte. Die wit kraaie van die kaaie
van Fremantle.
n Australir maak sy opwagting  een met n bre, landelike aksent waarskynlik van n plek soos Kalgoorlie of iets dergeliks
met n naam wat jy oor jou tong kan rol. Short white,
s hy.
Hier staan ek dan,
Meneer.
Toemaar, hiers jou koffie
vol stomende melk,
bedien met n bitter glimlag.
n Toergroep kom met n geritsel aan,
waarskynlik iewers uit Indo-China. Elke toneel word digitaal gedokumenteer.
Kyk, ek is net die een wat die koffie skink. Bote kom, bote gaan, mense klim op, mense klim af  sommige drink koffie terwyl hulle wag.
Loopplanke word aangerol, koffers word ingekatrol.
En ek,
ek kom van n ander land. As jy omdraai 
presies waar jy nou staan en kon aanhou loop,
oor die kaai, deur die hawe, dwarsoor die oseaan,
as jy die tafels kon bre, die messegoed toesluit, die koppies uitvee
en die deur grendel.
Aanhou stap.
Of vlieg, wit kraai.
Oor die water
van die Indiese oseaan, westelike rigting.
Geen probleem.
U kan by die tafel gaan sit, ek sal die koffie bring.
No worries, mate.
No worries.
