DIE FINANSIER ARNOLFINI SE BRUID
Na die skildery van Jan van Eyck
Jy het my na Brugge toe gebring, driftig gebie vir die huis wat simmetries
en hoekig vertoon.
Ons bed en kaste haaks geskuif soos jou fatsoenlike tafel,
waar in- en uitmandjies sindelik stapel met briewe van bates en verliese
in jou krulletjieskrif.
Ek is nou swanger met jou stom kind en word gedurig oor die eettafel herinner dat dit wat God gerond het, hemels en huweliksewig is.
Vandag moet ons poseer vir n kommissie
en staan jy soos n wafferse sint
met jou opgeskikte hoed vulgr en geplak. Verbl jou God is die krs
en stewelloos word ons vlr heilig vereer!
Tot nou het ek my hart in n kluis gel
terwyl jy woeker en kook met kullende vertoon. En tot barensnood toe
word ek op- en afgetrek soos n som. Die balansstaat toon totaal
meer gal as melk.
Nagte terug reeds is di klug insolvent verklaar.
