UIT DIE STAD WAT BRAND
ons luister na kerkorrel se weergawe van onder in my whiskyglas
as die kar deur zeerust suis saam met die lugverkoeling
kinders met bakhande agterlaat
deur kang is dit nostalgie met pink floyd
die cool box vol bier trek koue uit die sigaretaansteker
vrou met baba gooi duim
in gobabis blaas ons battery  met kouevuur van doep die stereo doen sy werk
as voetgangers in die langpad stap
teen windhoek raak ons opgewonde met midnight oil
wat die pad na die woestyn glad laat loop
familie met stukkende skorokoro gestrand
ons skiet deur karibib
met cowboy junkies in die shuttle kry die biere gereed
toe ons die namib binnevaar. net die woestyn 
swakopmund voor in die mis geiland vir n week se fokken rus
