KERS
deesdae rig ek kore af in ander eeue
soms verf ek saam met Monet
soms laat ek haar op canvas
kaal langs strande afstreep:
my jong gewete wat haar hartklop
bo haar gewonde heupe
bokant haar gekweste buik
voor my ou wete blootl
as ek en Newton rooi verskuiwings
deur die heelal meet en met n potlood
notas oor amper-waarheid maak
langs die inkstellings
waarmee Mozart die hemel
in kruise en mineure wou aftrek,
kom sit sy soms
klein vlinder 
op my harde kneukel
en knipoog geel
n vlam vir my
wat in my was
van tyd en brand
verdrink
