VERNICHTUNGSBEFEHL
Innerhalb der deutschen Grenzen wird jeder Herero, mit oder ohne Gewehr, mit oder ohne Vieh erschossen 
 Generaal Lothar von Trotha, 
Ferdinand, hierdie land laat net besoekers toe 
hulle laat soms koels en bottelskerwe agter wat heel toevallig onder duine bewaar word
en dan, dalk n n eeu, onverwags in die son blink om miskien opgetel te word, deur vingers bevoel, in n handpalm gerol, geweeg te word.
Die wind hou relmatig aan met vee,
die duine skuifel ritmies oor die harde aardkors, oor die spore van Schutztruppe se stewels, perdepote, n slee se sleep deur modder
wat verstar het, soos die blou o, blonde hare wat onskuldig oor die visier gestaar het
en getrou, miskien selfs gedwee,
die Vernichtungsbefehl gehoorsaam het.
Ferdinand, die klippe, die sand 
ons ken nie die oorsprong van gneis nie. Slegs die strepe laat ons raai.
Die skis glimmer met spore mika,
maar ons kan net wonder oor hul ontstaan. By Roter Kamm getuig n gat
hoe die hemel die land bestook het met meteoriete van nikkel en yster wat aan flarde breek
voor hulle brandend uit die lug hulself op die aardkors wreek
en dan, as besoekers uit die buitenste ruim,
die landskap vervorm en hulself deel daarvan maak om eers later in Windhoek, in n winkelsentrum vermonument en geklassifiseer te word 
een middeldeur gesny en gepoets: blink in die blik van toeriste en die son.
Ferdinand, die berg wat brand  Knigstein gloei as baken
vir seevaarders op reis. n Wit vrou word verewig op n rots se wand, n offerande van die tyd.
Lank voor die eerste piramides het inwoners van hierdie woestyn
figure op klip geverf, daarop uitgekerf, wat stories aan nageslagte moes vertel, maar nou stom in gesteentes verstik.
Ferdinand, flamink en kormorant  k besoekers aan hierdie land,
soos soveel ander wat by oases en mere kom rus, maar altyd verder trek.
Gemsbok en Damara-dikdik hou langs die Skedelkus. In die sand l ligene swart, die vensteralge
bloei in kleure as hulle die mis oplek.
Welwitschia mirabilis se twee blare verflard, wye romp van haarwortels soekend na vog, maar dis dor, en die lewe is tydelik, kortstondig, vir tweeduisend jaar
is die voortbestaan van n spesie onseker  dit word slegs geduld.
Kameeldoring, kokerboom en tamarisk boor diep die aarde in,
!narra en tsamma is reg vir pluk, n halfmens spook nog
teen die Spitzkoppe-hange.
Ferdinand, altyd van die voete se kant waai die wind n duinegraf oop
en word die bene gerangskik, afdraand soos die sand die skelet ontbloot.
Ferdinand, selfs n diamant rus hier nie vir lank nie 
word uitgesnuffel, gesif of gesuig, of solank bewaak in n Sperrgebiet.
Maar doringdraad kan die mis nie keer nie, net die son kan, en onskuld moet ook verdamp. Ons luister nie meer na bevele nie,
ons blou o kyk nie meer
deur blonde kuiwe of visiere nie,
ons sagte velle is te laat deur die son verleer.
Ferdinand, dis nou n ander land, tog keer ek soms terug as besoeker 
Die son gloei nog helder teen die Auasberge, by Karibib strek die savannas nog wyd,
die Namib se duine kruip nog statig, stadig soos altyd. In Ovamboland vloei die Kunene konstant.
N April sif die Oosweer nog warm op Swakop neer, skurwe berge herberg steeds bome in die dro Damaraland; maar weet jy,
al waai Gathemann se vlae steeds op die balkon bedien hulle lank reeds nie meer ontbyt nie, al is Swakopmund nog gehul in die mis
is die jetty jare terug met doringdraad gesluit.
In Windhoek het die Kaiserstrasse nou n ander naam en  la Pergola het afgebrand en
op Lovers Hill, in Walvisbaai,
waar jy met die tuinslang laat daardie aand raadop maar vasberade jou kar parkeer het, is nou n baksteenmonument.
Ferdinand, die geheue verdamp, verdor, droog op.
Net die duine hou konstant
aan met skuif en vervorm deur die jare  besluit self wat word verhul of onthul, verander s relmatig van gestalte,
al is dit n refrein wat herhaal, herhaal
en ek weet nie meer waar jy nou woon nie  dalk is jy lankal dood.
Ons stories, ons besoek is nou onbenullig en moet saam met ons en die tyd verslaan; soos die bitter in die water van Omaheke, soos geboue wat verweer, velde wat verbrand. Miskien het een spoor tog versteen,
gestol in die modder en word dit deur n duin bewaar. Miskien oor n eeu, oor honderd jaar,
sien Schutztruppe ons bottelskerwe, ons stewelspore
en kan ook hulle onskuldig wonder oor die stories wat die sand vergaar.
Maar vir eers bly onbegryplik die woorde:
Luitenant
Ferdinand
verdamp
brand
skand
sand
land.
