MIRAGE
(Diensplig, Suidwes-Afrika/Namibi, )
Op pas
ry jy kaal deur die woestyn,
drink n hele bottel sjampanje op jou eie, proe aan n tweede en pass dan uit,
neem jy later fotos van duine, Kolmanskop, n tuinslang agter in jou Toyota Conquest.
In Swakopmund sluk jy jou koffie af,
gooi jou hand met die sigaret in die lug, ruk jou skouers terug
en vloek die hemele soos net jy kan.
Brtchen mit Kse, bitte.
Jy praat oor Jacaranda Bolton, die Britse kunstenares
met die blou en wit Volla 
syt net buite Swakop verongeluk.
Soms moet ons sluitstukke
onder korporaals se stewels uitgrawe. Soms moet ons vlug voor eng vervolging. Soms is ons slegter as slangkak.
Ons ry terug na Walvisbaai
waar die besettingsmag terugtrek n n partytjie in April met Swapo.
Dooie gesigte troon bo Olifante en Ratels uit terwyl die stoet die woestyn binnery.
