OOG OOR MAMELODI, 
(Vir Anton Schoon, wat ek oor n R se loop buite
Club Monaco ontmoet het)
Vroegoggend, basis teen die rand, staan ek op om eerste in die lelie te pis.
Die rookkombers hier onder is deur koolstowe geweef  vir hitte en vir kos.
Township-panorama oor die Magaliesmoot  die beplanners het versigtig vir toegang begroot: slagare van teer, sytakke van stof,
n bloekomboombos, n denneboomstasie, reghoekige huise en zozos van sink.
Trek aan jou uniform, sit jou Ludlum neer. Jou taak vir die dag:
Jys die eye in die sky 
agter die teleskoop gemonteer
kyk jy van die reservoir af op Mamelodi neer.
Loer na bewegings  enigiets uit plek,
en na hearts en minds. (As jy hulle aan die knaters beet het, volg bogenoemde blykbaar vanself.)
Mans sluk bier uit groot bottels
in n agterplaas net onder die rant kyk hulle op en lag  vir my?
Swaai die teleskoop weg  mik na Silverton se rif.
Kyk of ek weer die venster kan vind
waar ek op skool vir Madeleine gesoen het.
