ONS
Ons wat nooit die Du Plooys van Soetmelksvlei ontmoet het nie, ons wat nooit die lem in Tsafendas se hand sien flits het nie, ons wat nooit opgewonde geraak het oor oorlo op ander
grense nie, ons wat net die gatkant van julle idealisme sien verbyskuif het  ons voel nie jammer nie,
ons het niks verloor nie:
nie Elvis nie, nie Al Debbo nie, nie Jamie Uys nie. Ons is nie geforseer om te verander,
of om toesprake te maak nie.
Ons maak nie of ons die land verander het nie en bely nie n sonde met n knop in ons keel of met gekruiste vingers agter ons rug nie.
Julle heimwee staan ons nie aan nie.
Ons onthou nie onthoudae toe ons nog 
en ook nie nuwe idealisme onder nuwe vlae nie.
Ons het geen nostalgie oor dae toe dit nog goed gegaan het nie. Ons wil nog steeds net oorleef, dankie.
Ons is burgers van die wreld, kinders van Afrika.
Dis ons wat in Angola en in Wimpy Bars moes vrek.
