BOM
Alhoewel bomme
by stasies en in briewe
en die Witwatersrand Kommandement
se trillings vir ewig deur die heelal sal weergalm, skud dit nie die aarde se fondament nie.
Alhoewel rubberkoels en knuppels en vuiste
vir altyd teen die binnekant van skedels sal eggo,
skud dit nie die aarde se fondament nie.
Saam met soveel ander geluide deur die eeue, is die frekwensie moeilik om te verstaan 
word dit maar deel van die seismiese gedruis.
Dus neem ons die klanke op ons reise saam:
in ons tasse,
gebre op hardeskyf, vasgevang in stories en wysies wat ons maar net kan herhaal, maar net kan herhaal.
