HUIS TOE
ek kom uit geboue uit,
selfoon af,
stroom af in die verkeer,
ek kom n entjie
met die straler, met n huurmotor
vlug ek met n vlug wat alles volg
waar ek vandaan is.
John Lennon sing my
deur die passe  imagine:
toe my ma in Bainskloof jonk was
vir my n padmaker deur Nuwekloof was
en Michellspas ons sn was 
ek kom vir altyd by Wit Els kamp
ek kom n hele nag lank
na alles wat saak maak,
kom ek.
