RETOER
 (Genesis)
Die Jaar van Onse Here het baie here 
soms sewentien, soms drie. Soms is die here elders besig, of bloot afwesig.
Op ou kaarte
is daar n wollerige heer met bolwange wat wind in skepe se seile blaas.
n Veer trek lyne om bekende grense. Die sterre sal wys, die strome sal sleur
saam met die wind in die seile, saam met die spane in hande. Maar soms is daar storms
wat wrakke verstrooi
en longe wat in soutwater snak na lug.
Daar is myt in meel,
swere om monde en slukderms
en honger lywe wat gekielhaal word.
Op n toevallige dag
 bestudeer die kalender  word die seile gestryk,
word n roeiboot met toue afgekatrol. Die onbenullige hande van drostersoldate laat spane deur die koue water beur,
al nader aan die land, totdat die boeg n voor ploeg in die sand.
Eers net drie skepe  later nog
vele meer  het ons hier agtergelaat. Tydelik, of s het ons gedink,
vir water en vir groente, vir wyn en vir vleis; om vir 
Ons plant n heining, bou n fort, n kasteel teen hulle wat snags ons goed kom steel.
Wingerdranke groei  wil nie getem word nie, wil nie gesnoei word nie.
Koringhalms waai, winde warrel met kaf,
winde wat nie wil gaan l nie.
Beeste hou aan loop, hou aan loop.
Ons volg maar
met ketels en katels, met waens vol vrag volg ons die rigting van water en gras.
S loop ons aanhoudend, s hou ons aan loop.
Nuus trek vinnig wanneer n opstal brand.
soveel keer is die stories gevier 
soveel van hul beelde is gegiet in yster
soveel van daardie tonele word steeds gemonument soveel van die vertellinge is nog ingegrou
in die loopgrawe tussen blaaie van boeke soveel kronieke word deur die kake
van elke nuwe generasie gekou, gesluk en herkou
wawiele wat klop, swepe wat klap volg die pad wat die beeste trap
oor bleek papier sonder nommers of woorde
vingers blaai dan deur die nuwe landskap deur die jong kontoere van n dubbelspoorpad sodat trekkers vir n wyle tot rus kan kom
tot die rotse se buik met rykdom grom
n Aarde wat skroei jaag ons tot in die stad. Die kanonne is nou stil,
maar steeds is daar ontploffings wat rotse en klippe deurboor. Dan word die veld, die stad met spuite van stoom
en met stawe omsoom.
Die rigting is bepaal, die dwaling gekeer deur stasie en spoor, of rubber en teer
en n skag wat diep
die aarde in skiet.
As die rigting bepaal is, die spore gel,
hoe kan ons dit dan nou anders wou h?
Hierdie paaie lei na die drome van stadsbywoners
wat nou in agterplase boer,
wie se koppe nou in losieshuise rus.
Later word grawe vir penne verruil en kan blink klerke in woonstelblokke die lug in seil.
Baie dinge laat ons koud.
